Saturday, 24 May 2014

Kyk

Ek Kyk vir jou
en ek weet.
Ek Kyk vir jou
en ek weet nie.

Ek weet dat in tye,
weg van jou,
my gedagtes na jou gaan

Gedagtes hoe ek voel,
gedagtes oor n soen,
hoe jou teenwoordigheid
n stille storm in my wakker maak.

Dan Kyk ek na jou....

En wonder wat jy voel,
en wonder wat jy dink,
en of ons dalk  dieselfde doen

Smag jy na geluk?
Iemand met wie jy n lewe kan deel?
n Skuiling, n rots, n wete?
En rustigheid saans?

Ek Kyk vir jou
en ek weet.
Ek Kyk vir jou
en wil weet van jou

Soek ons nie beide
dalk dieselfde ding?





No comments:

Post a Comment