Saturday, 26 July 2014

Waarom


Waarom rook en dink n mens so graag?
Is dit n ontsnapping , n aanvaarding ?
Die tydelike satisfaksie wat jy kry?
Om deel  te he, in te wees,
Terwyl jy n hartseer weg moet steek.

Waarom so maklik sex.
Assof dit net is soos brood?
Die instand fix vir liefde
n Tydelike  sigaret?
En in jou siel dra jy swaar,
om daai dieper hunkering te verbloem.

Waarom baklei oor n toilet seat,
En wie die skottelgoed moet was?
Is dit oor jy n baklei moet kry,
Maar die olifant in die kamer
storm oor ons albei, sonder verset?

Waarom kruip ons weg?
Agter emosies, agrumente en liefde.
Alles misgeplaas.  gefokus op die kort termyn.

Klim uit agter  jou skild.
Aanvaar jouself.
Soek die waarheid en die rede,

Sodat jy werklikwaar  kan lewe.


Tuesday, 22 July 2014

Die Spel


Alles, niks, iets tussen in.
Op en af, van links na regs,
alles in en alles mis,
want net ek het die spel gespeel.

Dis games, dis speel.
Te ernstig, en reels.
Dis fun, dis sad,

Want net jy het die spel verstaan.

Friday, 18 July 2014

Reddings boot


n Ander om te lei,
my aandag weg van jou.
Want hierdiekant van ons
Is baie koud en leeg.

Te gou het ons,
die rotse teen gevaar,
en los my op n boodjie
erens in die osean.

Sonder n rigting, en voel ook man aleen
Moet ek, myself oorleef
en jou gelaat om nog te dobber,
in n rigting,  jou eie reddingsboot.

Ek wou sou graag n rigting vind
Met nog n siel op regterhand.
Maar nou’s dit so, want sommer maar
en weet ek steeds nie wat’s gepas


My anker le by jou.

Tuesday, 15 July 2014

Wegloop


Mens kan nie altyd weghol nie.
Van ander, van jouself.
Met elke keer se wegloop, bly daar altyd iets wat hang.

Mens kan nie altyd keer nie,
dat daar iets jou wel gaan raak.
n Hart is nie n klip nie, en dit raak partykeer bang.

Mens kan nie altyd keer nie wat n mens aan ander doen.
Soms moet jy staan en om jou kyk,
En weet jy’s nie aleen

Elke aksie het reaksie, maar dis die uitkoms wat mos tel.
Dis ying and yang, dis goed en sleg.
En soms moet jy met albei deal.

N oor, n woord,of selfs net jou daar wees
Verlos jou van n las, en gee n ander pas

Mens kan nie altyd weghol nie.
Want elke keer se rugomdraai,
 maak next time soveel makliker.

Met elke keer se wegloop maak jy in jou dood
 n stukkie van n ander self.

En erger steeds, die lewe in n ander een.

Saturday, 12 July 2014

Heel


n Buisie Bostic om te plak,
10 000 skerwe van n gebroke hart.
n Naald en garing, om vas te werk ,
al die stukkies van my hoop.

Genoeg bakstene en sement,
om n muur regom my mens te bou.
Ondeurdringbaar, in my eie fort
om weer te heel, vir nog n keer.


Thursday, 10 July 2014

Ligtoring


Die lig flits, flits oor die water
10 000 kerse sterk.
Op die stuimige oseaan
vasgevang in natuurlike mag,
stuur die skip, reg af op die rotse af.

Flikker lig, waarskuwing.
Verlig net bietjies.
Skep ilussies van onwerkilkheid,
en soos n mot na kers,
die afgrond in.

Dog die lig is hoop,
n  roep oor die onstuimigheid.
N baken na n veiligheid,
n landings plek
en  sprankie hoop.

Maar nou te laat,
verblind deur lig,
kon ek my skip nie stuur,
en oor die rotse, stukkend,

die dele van my hart.

As(f)stand



In stilte,
deur Godsverlate plekke
het n vuur verdoof

Van teerpad na grondpad
Afstand gesplaas
en hoop gekwyn.

Die stilte, oordowend
en soos om ons,
niks

n kooltjie gloei nog
maar met niemand daar

is daar binnekort net 
as..