Wednesday, 18 November 2015

Vir Christopher...



Soms rol die see,
groot rotse op die strand.
Waar dit sal staan, en tydelik
n Vesting aan geliefdes gee.
n Plek waar jy jouself kan wees,
n Anker teen die wind en weer.

Maar soos die see ons iets kan gee, 
so kan die see ook weer ontneem.
Met hoog gety die golwe stuur,
en daardie rots weer terug kom vat.
Dit laat ons nou, so propvol rou,
en laat ons dink dit is te gou.

Ons wat hier op die sand bly staan, 
voel so verslae, oor die wat gaan,
weer terug rol in die oseaan.
Al wil ons nie nou mooi verstaan,
moet ons besin, dis hoe dit gaan.
Keer alles terug, na daar vandaan.

In die diepste plekkie van die see,
sal sy nou rus, en vrede he.
Ons trane is wel nou gepas,
maar laat Haar golwe ons kom was.
Dat ons, met tyd, weer sal onthou,
haar liefde bly aan ons getrou.


Tuesday, 17 November 2015

Stukkie Siel


n Stukkie van my siel is weg.
Verkoop aan jou, so onverwags.
n Stukkie, skaamteloos gebreek,
aan jou verband, oor ek gelukig was.

Dalk wou jou koop, en ek verkoop,
want soms is daar n mag wat praat.
n Wete, hoop, dat dinge hoort,
soos ying  en yang, n deksel en n pot.

Maar nou is daar n groot gemis,
want dit wat was, is nou nie meer.
Geen eenheid, harmonie versteur,
die pot en deksel wat nie pas.

Hoe vat ek terug, my stukkie siel,
en maak weer heel, dit wat gebreek,
en nou gelas, die merke wys?
n Siel wat voel, erg  tweedehands.


Soms...

Soms, is dit nie goed,
om van elke kant, te veel te weet.
Dit maak jou lam, en hou jou vas,
op die middelman, n noue gang.
Weerhou jou van ten volle gee,
n buffer om jouself te keer.
Die anderkant se seerste seer
maak toe die deur vir liefde gee.
So kan jy nie vir altyd leef,
jouself van alles mens ontneem.
Vergeet nou van verlede keer,
laat jou toe, vir weer probeer.
Net hierdie pyn, kan ons so leer,
van liefde wat geen hart kan keer.


Taal

Jy praat met my,
tot my, in my eie taal.
Maar soos jy dit praat,
het ek dit nog nie ooit gehoor.

Dis vreemd, maar tog bekend.
Dis woorde gee, aan dit wat dink
nog glad nie oor my lippe stuur.
Dit vat so raak, daai diep gedagtes,
formuleer die ongesproke,
sit dit in die oopte uit
waar dit my so verwonder.
Want dit klink tog so eenvoudig,
maak wat jy ken so onbekend.


Koos Mashup

Swerwers sonder rigting, soekers wat nooit vind.
Orals is die tekens van ons onvervulde wel en wee.
Toe ons swerwers vas, na iets verlang,
op reis soos soekers wat nie vind.

Dis soos vergete woorde deur die wind verwaai,
vaag onthoude grepies uit ons eie ou verhaal.
Van die skatkis met ou kettings vas gebind,
vergane in die kelders van die diep blou see.

Ons gesigte, drome, name wat deur die rookmis kyk,
toe ek jou nie kon raak, vergeet. Jou nie bemin en trou versin.
Jy jou op jou wysheid roem, en met jou tas en reisbiljet
jou nie wou bind aan enkeling op slentergang.

Maar nou na stap, tien duisend ure, nagte langs diep swart riviere
hoor ons weer die deuntjie draai, deur kranse van beton.
Die neon boog se punt, wat as die reen van stof en roet,
verby is, en die rook verdwyn, aan sterrelose hemel hang.

Dit bring weer terug vergete hoop, wat rigting aan die swerwers gee.
Waar ons nie meer verhaal nie, en die vrede bly.
Ons groter sorge is vanself verby.
Hier ons kan liefhe nou, tot alles vergaan.

Nou kan ons weer ons spore volg, deur die melkweg na n ver land stryk.
n Wereld ver, oorkant die maan, en daar die land van blou saffier.
Hier vat ons hand, sonder versuim. Op vleuls van wind,
die laaste keer, net kinders van die wind.




Saturday, 18 July 2015

Plekkie.

Ek kan nie vir jou n huisie bou,
op n plekkie langs die diep blou see,
want my wortels is gevestig in die groot goud stad,
en die stilte maak my bietjie bang.

Tog wil ek vir jou n spasie maak,
in die dieptes van my hart wat nou so warm klop.
Hierdie af stand is te ver, en die pad te lank.
Klim op n staler, maar die tyd te kort.

Hoe vind mens n plek met genoeg spasie vir ons elk?
Waar ons saam kan wortels kan plant,
wat elkeen sal help, om rus en vrede te vind,
en saam ook n stukkie genot te ervaar.


Friday, 19 June 2015

Soms

Soms is dit beter,
om van n ander se bestaan glad nie te weet.
Want as daar eers n spoor is,
van n wese in jou hart,
vee jy dit nie maklik daar weg.

n Gedagte is dolksteek, wat jou hart vol gate los.
Daaruit spuit al jou lewenslus, verlore in die melkweg in.
Dit heel nie, en jy leer nie.
Want jy is mos vol van hoop.

Someday

We could have ruled the world.
But this is not the time,
and now the world is not prepared,
for a greatness that could be.

With time things change, and test, and build,
the bridges and the bonds that will endure till eternity.

Travel, learn, explore, be well.
Remember this, a flame of hope,
that will ignite,
the dawning of a brand new day.

There will be a time, sometime, somewhere,
where this can be.
A brand new era where we will be.
Be rulers of the world.

Verslae


Jy grou die ou fondasies op.
Toe onder grond, verlede tyd.
Jy bied my hoop, bring terug die droom,
en laat my weer kastele bou.

Jy help my bou, daai eerste muur.
Ek sien al hoe alles klaar lyk.
Al die opgehoopte ywer,
van die jare in n stortvloed uit.

Dan skielik draai jy om,
en los my so aleen, verslae.
Met halfgeboude mure,
en sonder plan, net nog n valle.

Thursday, 4 June 2015

Oomblik

Vir n oomblik het ek gedroom,
dat ek ook weer, gelukkig kan wees.
Maar ons was net twee bote
op die oseaan by mekaar verby.

Toe slaan my boot n ysberg
en dit wat kon wees, nie meer.
Hier sink ek ek nou op my eie,
en jou boot vaart voort na n ander hawe.


Friday, 17 April 2015

Smitten

Smitten like a kitten 
Whipped like cream
All over stumbles 
A heart missing beats

U infiltrate my thoughts
U make my walls come down
U scare me and excites me
You Make my whole world shakes

There is something that has slipped my mind
But now it is awake and strong
That feeling that exists, it takes U over
Make u do without clear thoughts

A fresh new wind That brings some change
And makes U chill, Come keep me warm
It's energy in every day
And calm at night. Just close your eyes. 

Friday, 20 March 2015

Ek

Ek gaan nie voorgee of pretend,
ek is n mens soos wat ek is.
Gekrank en ook vol foute,
met my nukke en my giere.
Jy moet my vat net soos ek is,
of my uitlos en beweeg.
Gaan vang vir jou die prentjie,
in jou kop so al te mooi.

Maar sou jy stop en kans gee,
dalk n bietjie dieper krap,
sien jy dalk, n skat versteek
en ook n hart van goud.