Swerwers sonder rigting, soekers wat nooit vind.
Orals is die tekens van ons onvervulde wel en wee.
Toe ons swerwers vas, na iets verlang,
op reis soos soekers wat nie vind.
Dis soos vergete woorde deur die wind verwaai,
vaag onthoude grepies uit ons eie ou verhaal.
Van die skatkis met ou kettings vas gebind,
vergane in die kelders van die diep blou see.
Ons gesigte, drome, name wat deur die rookmis kyk,
toe ek jou nie kon raak, vergeet. Jou nie bemin en trou
versin.
Jy jou op jou wysheid roem, en met jou tas en reisbiljet
jou nie wou bind aan enkeling op slentergang.
Maar nou na stap, tien duisend ure, nagte langs diep
swart riviere
hoor ons weer die deuntjie draai, deur kranse van beton.
Die neon boog se punt, wat as die reen van stof en roet,
verby is, en die rook verdwyn, aan sterrelose hemel hang.
Dit bring weer terug vergete hoop, wat rigting aan die
swerwers gee.
Waar ons nie meer verhaal nie, en die vrede bly.
Ons groter sorge is vanself verby.
Hier ons kan liefhe nou, tot alles vergaan.
Nou kan ons weer ons spore volg, deur die melkweg na n
ver land stryk.
n Wereld ver,
oorkant die maan, en daar die land van blou saffier.
Hier vat ons hand, sonder versuim. Op vleuls van wind,
die laaste keer, net kinders van die wind.
No comments:
Post a Comment