Hier sit ek weer aleen,
op n groot dag van my lewenspad.
Doen ek n ding so kolosaal,
en bind my op n roete vas.
Hier is niemand om te deel,
hierdie dinge wat n groot mens doen.
En weereens moët ek, siels aleen,
die moment op my eie he.
Die mens is nie gemaak,
om so die lewe op jou eis te stap,
en hierdie vreugde, of verdriet,
te interniseer, en self onthou.
So op jou eie, kan geen een mens,
ware geluk ervaar, as niemand deel,
die hoogtepunt en laagtepunt,
van dinge wat jy na wil streef.
Ek deel nou met papier,
En sit my woorde in die kuber ruim,
tot eendag, as daar iemand is,
met wie ek hierdie dae kan deel.