Dis die oppak wat ou goed oopkrap,
herhinderinge van n tyd wat was.
In bokse word gepak, die
huisraad van verlede tyd,
en hierdie aards besittings,
weer ontstof, bring terug
gedagtes…
Behou jy die momentum op n rak?
Of pak jy in, net dit wat tel?
Hoeveel kom saam, en hoeveel bly?
Los spasie vir n nuwe tyd.
Dis afsluit en die deur toe maak.
Werp al die fokus op die tyd wat kom.
Daars nuwe deure wat nou moet oop,
en n toekoms, onbekend wat wag.
No comments:
Post a Comment