Monday, 16 January 2017

Edgehill


Uit die stad, tot heuwel voet,

waar dit begin, die nuwe droom,

waar niks sal keer wat jy probeer,

om vry te wees, jou eie mens.


Die heuwel op, een tree per slag,

soms sal jy val, maar dis ok,

want aan jou sy, is die wat tel,

jou hand sal vat en weer optrek,

om saam te klim, die heuwel uit.


Stadig en verseker sal jul boontoe reik,

en dit trotseer, op pad geplaas,

tot op n dag, julle sal staan,

bo op die rand, die droom nou waar,

en vrede he van Uitkykpunt.