Friday, 19 June 2015

Soms

Soms is dit beter,
om van n ander se bestaan glad nie te weet.
Want as daar eers n spoor is,
van n wese in jou hart,
vee jy dit nie maklik daar weg.

n Gedagte is dolksteek, wat jou hart vol gate los.
Daaruit spuit al jou lewenslus, verlore in die melkweg in.
Dit heel nie, en jy leer nie.
Want jy is mos vol van hoop.

Someday

We could have ruled the world.
But this is not the time,
and now the world is not prepared,
for a greatness that could be.

With time things change, and test, and build,
the bridges and the bonds that will endure till eternity.

Travel, learn, explore, be well.
Remember this, a flame of hope,
that will ignite,
the dawning of a brand new day.

There will be a time, sometime, somewhere,
where this can be.
A brand new era where we will be.
Be rulers of the world.

Verslae


Jy grou die ou fondasies op.
Toe onder grond, verlede tyd.
Jy bied my hoop, bring terug die droom,
en laat my weer kastele bou.

Jy help my bou, daai eerste muur.
Ek sien al hoe alles klaar lyk.
Al die opgehoopte ywer,
van die jare in n stortvloed uit.

Dan skielik draai jy om,
en los my so aleen, verslae.
Met halfgeboude mure,
en sonder plan, net nog n valle.

Thursday, 4 June 2015

Oomblik

Vir n oomblik het ek gedroom,
dat ek ook weer, gelukkig kan wees.
Maar ons was net twee bote
op die oseaan by mekaar verby.

Toe slaan my boot n ysberg
en dit wat kon wees, nie meer.
Hier sink ek ek nou op my eie,
en jou boot vaart voort na n ander hawe.