Die liefde is nie n lightswitch nie,
dis n waterstroom wat see toe loop.
Dit word nie aangesit en afgesit,
Jy bou n wal, maar kry n dam.
Dit word nie gereguleer,
dit maak sy eie pad.
Dit word nie aangesit waneer die donker kom,
en afgesit waneer die son weer skyn.
Dis die lig wat in die donker skyn,
Die son wat aan die hemel hang.
Agter n wal berg dit op,
Maar dikwels stroom dit oor.
En soms, dan gaan die sluise oop
en vloed dit dorstig oor die dorre land.
Die liefde is nie n lightswitch nie,
Dis n waterstroom wat see toe loop.
Dis altyd daar.
Alomteenwoordig.