Tuesday, 23 September 2014

Huis

In ons huis was daar groot spasie,
vir ons altwee, ek en jy.
Maar nou weer staan dit leeg,
net ekko's in elke vertrek.

Onthou jy daardie ou, geel matte?
Toe ons dit uiruk, was daar goud.
Die sweet, ideas en baie hoop,
toe ons die huis ons tuiste maak.

n Groot bruin bank, waar ons kom rus,
en bietjie gras, waar ons kon loop.
Maar die gras is ook nou droog en bruin,
die tuise glad nie onderhou.

Dit word toe net die spasie,
vir ons elkeen, ek en jy.
En nou is dit, verlede tyd,
en staan die huis alweer dolleeg.


Monday, 22 September 2014

Einde

As ek vanaand my oe toe maak,
is dit die laaste keer op hierdie plek.
Waar ek sal more slaap,
is onbekend, 
net n begin, van nuwe tyd.

Dis die afskeid van verlede tyd,
van dit wat was, maar nou nie is.
Al daardie dinge weg gepak
om plek te maak vir nuwe hoop.

n Nuwe dag, nuwe begin.
Die toekoms, onbekend wat wag.
n Oor begin,  n weer probeer,
en net dalk, nuwe sekerheid.


Sunday, 21 September 2014

Moment

Dit was n vroee oggend, laat middag en n nag,
toe tyd vir ons kom stilstaan het.
Dit was n keer in n miljoen, n frats en onverwags,
toe die engele ons paaie kruis.

Jou pad het maar begin, en ek al soveel voor,
maar erns maak die dinge sin.
In mekaar het ons n seer gesien, 
van is en was, en moet nog kom.

Die donker van n siel, en begeertes van n hart
wat soekend na n uitkoms smag
vind aanklank in n ander siel 
wat skeilik op jou pad verskyn.

Skielik is daar hoop.
Net n vonk wat n vuur aansteek.
Die baken in n donker nag, uitnodigend en warmte deel.
Die moet ons rig, voor n nuwe dag begin.

Gryp aan die kans, want dit gebeur te min.
Die engele voorsien en bied die kans
vir die metgesel op n lewenspad,
sou mens saam die afdraai vat.


Thursday, 18 September 2014

Afskeid


So het die tyd gekom
en ek moet nou gaan.
Terug op n vliegtuig 
so ver van hier vandaan.

In my tas kon jy nie pas,
en die tyd nog nie ryp.
Sorteer jy jou laste
en maak nou n nuwe begin

In my hart neem ek saam,
n stukkie van ons tyd,
en n hoop dat jy eendag
jou eie tas sal bring.



Saturday, 6 September 2014

Sprokie


Dis soos n sprokie…
n sprokie vir n stadskind.
So gaan die liedjie,
maar die stadskind is op die plaas.
In die onbekende, alles nuut.

Dis is soos n nuwe ervaring, belewenis,
maar vaagweg is daar iets bekends,
bring die nuwe,  ou hunkerings  terug.
n Vonk wat hoop aanwakker
en dinge soos n sprokie maak.

In die sprokies van ouds,
eindig alles  altyd “happily ever after”,
soos die aankoms in Utopia.
Nirvana

In die  sprokies van vandag,
gebeur dit  maar min.
Dis altyd n struggle en n fight,
Met geen einde in sig.
Die einde net nog n begin.

Wat maak n sprokie?
Die einde of n feeling?
 n Roadtrip na net nog n bestemming?
Met min “happy endings” en altyd nog n begin,

is die sprokie, net nog n episode van my soapie.