Wednesday, 30 April 2014

Lewe



Dis soos geboorte.
Nuwe lewe te ervaar,
Alle opsies te he,
 vry van enige besoedeling.

Die lewe is in lied,
tot die lewe gebeur,
en n kindjie se ma
hom af moet staan.

Hoe lewe n mens
so jonk en rein,
in die wereld vandag,
 vol skadu,

aleen. 


Tuesday, 29 April 2014

Dis n uitweg


Vir Rutilus


Ek wil kyk as jy stort
Ek wil praat terwyl jy werk
Ek wil jou vasdruk as jy sweet

Dis 'n uitweg

Tog, 
Voel ek soms dat ek verlang

Die "Lonely"-song speel 
Verder in die nag 
En ek wil eerder met jou speel

Ek wil jou terg met 'n noot
Ek wil sommer net by die swembad lê
En dan wil ek my verbeel ons bly saam

Dis 'n uitweg

Dis nou verder as wat ons dink

En so ry ek op die snelweg
Met blou ligte elke nou en dan

Ek wil ook afsluit en dalk ook voel
Of wil ek 'n liedjie se geheime leer
Ek wil sommer net soms Koos en so

Dis 'n uitweg


By 이그나티우스: n Ander Kant.

In Response


Kom klim in saam met my
Terwyl ek stort, terwyl ek bad.
Praat met my terwyl ek werk
Druk my vas terwyl ons sweet
Terwyl ons movie, of sommer net is
Dis n uitreik

Verlange is soos begeertes
Kom ons luister ook na Rufus
Take a ride across the desert night
Speel verder, meer intense

Jou note blow my mind
Terwyl ons kar ry, of sommer net op jou bed le
Soos verbeelding, hoop en wonder
Gemanifisteer in jou
Dis n antwoord

Wat ek dink…

Daar is snelwee met blou ligte
Maar ook grondpad onder die hemelruim

Om te voel is net die begin punt
Kom ons ondek saam die geheime
Van n liedjie
Gebede in verskeie tale

Ons Koos en Carika
Drink nog n glasie wyn

Dis n tuiskoms