Kom klim in saam met my
Terwyl ek stort, terwyl ek bad.
Praat met my terwyl ek werk
Druk my vas terwyl ons sweet
Terwyl ons movie, of sommer net is
Dis n uitreik
Verlange is soos begeertes
Kom ons luister ook na Rufus
Take a ride across the desert night
Speel verder, meer intense
Jou note blow my mind
Terwyl ons kar ry, of sommer net op jou bed le
Soos verbeelding, hoop en wonder
Gemanifisteer in jou
Dis n antwoord
Wat ek dink…
Daar is snelwee met blou ligte
Maar ook grondpad onder die hemelruim
Om te voel is net die begin punt
Kom ons ondek saam die geheime
Van n liedjie
Gebede in verskeie tale
Ons Koos en Carika
Drink nog n glasie wyn
Dis n tuiskoms
No comments:
Post a Comment