groot rotse op die strand.
Waar dit sal staan, en tydelik
n Vesting aan geliefdes gee.
n Plek waar jy jouself kan wees,
n Anker teen die wind en weer.
Maar soos die see ons iets kan gee,
so kan die see ook weer ontneem.
Met hoog gety die golwe stuur,
en daardie rots weer terug kom vat.
Dit laat ons nou, so propvol rou,
en laat ons dink dit is te gou.
Ons wat hier op die sand bly staan,
voel so verslae, oor die wat gaan,
weer terug rol in die oseaan.
Al wil ons nie nou mooi verstaan,
moet ons besin, dis hoe dit gaan.
Keer alles terug, na daar vandaan.
In die diepste plekkie van die see,
sal sy nou rus, en vrede he.
Ons trane is wel nou gepas,
maar laat Haar golwe ons kom was.
Dat ons, met tyd, weer sal onthou,
haar liefde bly aan ons getrou.