Tuesday, 17 November 2015

Stukkie Siel


n Stukkie van my siel is weg.
Verkoop aan jou, so onverwags.
n Stukkie, skaamteloos gebreek,
aan jou verband, oor ek gelukig was.

Dalk wou jou koop, en ek verkoop,
want soms is daar n mag wat praat.
n Wete, hoop, dat dinge hoort,
soos ying  en yang, n deksel en n pot.

Maar nou is daar n groot gemis,
want dit wat was, is nou nie meer.
Geen eenheid, harmonie versteur,
die pot en deksel wat nie pas.

Hoe vat ek terug, my stukkie siel,
en maak weer heel, dit wat gebreek,
en nou gelas, die merke wys?
n Siel wat voel, erg  tweedehands.


No comments:

Post a Comment