Saturday, 31 December 2016

Phoenix

Soos ‘n Phoenix in sy vlammehel
het hierdie jaar ook uitgebrand.

Op dorre aarde is net as wat bly,
waaruit sal styg ‘n nuwe jaar.

Ons as is mirre, wat ons offer,
lesse van verlede tyd ,
waaruit ons styg, met nuwe son.

‘n Kans vir weer van voor begin.
‘n Nuwe blaai, om neer te skryf,
die storie wat jou lewe maak.


Monday, 12 December 2016

Een

Dis soos een wees as jy saam my lê,
opgekrul reg agter my.
Soos Ying en Yang, ons lywe S styf teen mekaar,
Dis lepel lê, wat vrede bring,
en eenheid soos jy by my lê.

Dis soos een wees as ons saam omdraai,
as die kleintjie dan die groot een word.
Automaties opsoek, daardie welbekende nukkies
van jou lyf hier styf teen my lyf.

Waneer my arm jou omvou,
en ons kan saam smelt in kontoere,
voel ek jou  lyf en klop van hart,
word ek rustig met die wete,

Jy’s die een, en ons is een.

Sometimes

Sometimes u seek,
sometimes u find.
Sometimes u think
“Let me give this a try”.

Sometimes it's scary,
sometimes it's not,
something brand new,
worth more than a try.

Sometimes it work,
sometimes it fail,
but nothing ventured,
also means nothing is gained. 



Thursday, 25 August 2016

Berg

Dwarsdeur alles, mos gedink,
dit is die kortste pad.
Vir jare om die berg geloop 
te bang om op te klim. 
Om en deur, al weer en weer,
dieselfde opsies nerens heen. 
Geloopde pad, met weerstand min.
Bekendheid vat jou nerens heen. 
Kyk op na bo, en baan n weg 
waar niemand nog te vore was.
Dis onbekend , maar al manier
om daar te kom, waar jy nie was. 


Friday, 19 August 2016

Niks/Meer

Van niks kom daar toe skielik iets.
Ìets van dit, wat daar nie was.
Dit vul die niks, en word al meer.
Van niks tot meer,
meèr wat jy dog, jy sou wou hê.
              
So min wat pla, want meer is meèr
Maar bietjie min, word  gou toe meer.
Meer pla, te min van meer.
En skielik, in in oomblik weet jy:

Soms is meer, nog steeds te min.


Sunday, 19 June 2016

Sinne

Ek het my sinne verloor.
Met half geprate woorde...
... ek was verstom, verslae.
So uitgehaal...
...die bal...
Gehop, gevang...
Maar hierdie game...
...wen as verloor...
Vind... geluk vir ewig.

Monday, 28 March 2016

Leun

Ek is n leun wat jou verkoop,
die drome waar ek self nie hoort. 

Dit is n klug wat ek vertel, 
om my n oomblik weer te wees.

Maar hierdie tyd van korte duur,
n offer wat die droom nou vuur.


Tuesday, 1 March 2016

Weer


Weer ’n keer en nog ’n keer.
Net so gelos, koue pampoen.
Hier te kort en daar te lank,
’n objek wat geen gat in pas.
’n Goeie mens, maar nie my mens,
want hartstog is nie in my hart.
So waneer dan, of dalk tog nioot,
is hierdie keer, die laaste keer?


Friday, 29 January 2016

Partykeer



Partykeer praat ons baie
oor dit alles wat nie is.
Ons monde maak die klanke
wat nie is nie van ons hart.
Soms om te se,wat jy so graag wil hoor,
en soms om weg te steek, wat diep hier in ons praat.

So is dit dan, die mensespel,
wat is, maar soms nie is.
Dis voorgee en bietjie pretend,
wat ons laat glo, dat dit wat is,
moet wees dat ons,
met bietjie skyn, kan kry wat ons wil he.




Friday, 22 January 2016

Begin

Deurdring my vlees,
klim in my bloed
wat polsend deur my are vloei.
Word meegevoer in warm rooi
wat neerstort in n koue hart.

Hier smelt die ys
en vind jy plek,
wat hitte deur my lyf versprei.
Dit laat ontwaak, van winterslaap,
die bloeisels in die lente tyd.


Thursday, 21 January 2016

Wind


Die wind sal hierdie as kom waai,
weg van die vuur, wat nie meer brand.
Weg waai in die oopte in,
waar dit weer terug sal keer,
waar dit vandaan.
Tussen stof en gras,
sal elke vlokkie as,
gou disintergreer,
dan is daar niks.


Tuesday, 19 January 2016

More

It's not just sex, but more.
Not sex like that, but more.
More dark,
more light.
More lust,
more brains.
Then sometimes,
none at all.


Thursday, 7 January 2016

Tweede Huis


(Vir Mercia's)

In die huis, my tweede huis
waar ek myself kan wees,
waar daar geen veroordeel is,
net liefde, bystand hoop,
is mense wat my steunpilaar
deur dik en dun sal wees.

In die huis, my tweede huis,
familie van n ander bloed.
Nie omdat dit verpligting is
maar keuse uit n hart van goud.
Die fortress waar die wereld my,
n stukkie vryheid gee.

In die huis, my tweede huis
is daar die mense wat wel tel,
nie oor dit is wat hulle kry,
maar dit is wat hulle gee.
Nie aardse goed, en vals pretent
maar onvoorwaard’lik aanvaarding.

In die huis, my tweede huis
word deure oop gemaak.
Dit laat my in, verlig my siel
en deel met my als wat hul het,
wat woorde van my op papier
so min en nietig laat verlyk.

Daai simpel woord wat mens bedank
kan nie herlei wat in my hart,
waardeering spreek vir als wat is.
Nou hoop ek maar, diep in my siel,
dat julle weet hoe ekke voel,
en my huis is, ook julle huis.



Saturday, 2 January 2016

Geluk

So rol ons weer die dice,
trek die handvatsel van slot masjien.
Ons vat n kans op Lady Luck,
om ons te rig op ons geluk.
Plaas hoop in dit wat kwalik is,
verloor meer dikwels as n wen.

Maar tog hoop ons, dat Sy eendag,
haar oog op my sal draai.
My wense sien en dan waar maak,
dat ek net tog, n enkel dag,
die meester van my tyding wees.

RCS