Deurdring my
vlees,
klim in my
bloed
wat polsend
deur my are vloei.
Word
meegevoer in warm rooi
wat neerstort
in n koue hart.
Hier smelt
die ys
en vind jy
plek,
wat hitte
deur my lyf versprei.
Dit laat
ontwaak, van winterslaap,
die bloeisels
in die lente tyd.
No comments:
Post a Comment