Monday, 12 December 2016

Een

Dis soos een wees as jy saam my lê,
opgekrul reg agter my.
Soos Ying en Yang, ons lywe S styf teen mekaar,
Dis lepel lê, wat vrede bring,
en eenheid soos jy by my lê.

Dis soos een wees as ons saam omdraai,
as die kleintjie dan die groot een word.
Automaties opsoek, daardie welbekende nukkies
van jou lyf hier styf teen my lyf.

Waneer my arm jou omvou,
en ons kan saam smelt in kontoere,
voel ek jou  lyf en klop van hart,
word ek rustig met die wete,

Jy’s die een, en ons is een.

No comments:

Post a Comment