Tuesday, 17 November 2015

Soms...

Soms, is dit nie goed,
om van elke kant, te veel te weet.
Dit maak jou lam, en hou jou vas,
op die middelman, n noue gang.
Weerhou jou van ten volle gee,
n buffer om jouself te keer.
Die anderkant se seerste seer
maak toe die deur vir liefde gee.
So kan jy nie vir altyd leef,
jouself van alles mens ontneem.
Vergeet nou van verlede keer,
laat jou toe, vir weer probeer.
Net hierdie pyn, kan ons so leer,
van liefde wat geen hart kan keer.


No comments:

Post a Comment