Friday, 19 June 2015

Verslae


Jy grou die ou fondasies op.
Toe onder grond, verlede tyd.
Jy bied my hoop, bring terug die droom,
en laat my weer kastele bou.

Jy help my bou, daai eerste muur.
Ek sien al hoe alles klaar lyk.
Al die opgehoopte ywer,
van die jare in n stortvloed uit.

Dan skielik draai jy om,
en los my so aleen, verslae.
Met halfgeboude mure,
en sonder plan, net nog n valle.

No comments:

Post a Comment