Jy doen sonder om te luister.
Gee jouself onmiddelike grativikasie,
en deur dit kom soms vreugde vir n ander een
Jy doen sonder om te hoor.
Baseer jou aksies op jou denke,
en soms praat daar n ander stem.
Jy doen sonder om te sien.
Dis mos net jy wat
tel,
En ander sleep jy by.
Jy gee sonder om te dink,
van jouself, sonder dat jy self verstaan
en dit bied hoop wat ander smag
Dan skielik op n dag,
Dan soek jy terug, dit wat jy doen,
al was alles so ongevraagd.
No comments:
Post a Comment