Sunday, 5 October 2014

Lig


Diep in die duister brand daar n liggie.
Maar die deur wat agter jou oopstaan,
laat lig deur wat jou visie bederf.
Die lig van n verlede, 
en n wegstap van n ou sekerheid.
Jy kan nie mooi fokus op die lig nie.
Sou jy wel die deur toemaak,
skyn daardie liggie beter.
Laat agter dit wat vas, en kyk na dit was kom.
Begeef jou op die onbekende pad,
en weet dat jy jou eie eie roete baan.
Vestig jou visie op dit wat jy wil he,
want dit is die lig wat skyn.
Dit mag dalk nou donker wees,
maar elke tree in die rigting van die lig,
sal jou pad meer en meer duideliker word..
Stelselmatig sal daardie liggie helderder  skyn.
Jou oe fokus beter en beter,

en jou pad sal al hoe makliker word.


No comments:

Post a Comment