Friday, 17 October 2014

Advertensie


n Nuwe pose, n nuwe pic,
vir jou profile elke dag.
Stal jouself uit, fabulous,
waar almal dit kan sien.
n Advert wat jouself verkoop,
die blom wat bye lok.

Jy praat die taal, jy speel die game.
So kieskeurig, soek altyd meer.
Jy gee die indruk,maar weet nie self,
wat dit is wat jy verkoop.

Dan judge jy ander, so selfbeheb
oor dinge, maar jy het ook fout.
Gooi klippe uit jou jou glaspaleis,
maar los jou krake onherstel.
Binnekort sal niks meer werk,
as almal van jou valsheid weet.

Dis die inkleur wat die prentjie maak,
daarsonder is dit leeg.
So leeg soos daardie nuwe pic,
net nog n vals advert.


No comments:

Post a Comment