Friday, 20 March 2015

Ek

Ek gaan nie voorgee of pretend,
ek is n mens soos wat ek is.
Gekrank en ook vol foute,
met my nukke en my giere.
Jy moet my vat net soos ek is,
of my uitlos en beweeg.
Gaan vang vir jou die prentjie,
in jou kop so al te mooi.

Maar sou jy stop en kans gee,
dalk n bietjie dieper krap,
sien jy dalk, n skat versteek
en ook n hart van goud.

No comments:

Post a Comment