Tuesday, 15 July 2014

Wegloop


Mens kan nie altyd weghol nie.
Van ander, van jouself.
Met elke keer se wegloop, bly daar altyd iets wat hang.

Mens kan nie altyd keer nie,
dat daar iets jou wel gaan raak.
n Hart is nie n klip nie, en dit raak partykeer bang.

Mens kan nie altyd keer nie wat n mens aan ander doen.
Soms moet jy staan en om jou kyk,
En weet jy’s nie aleen

Elke aksie het reaksie, maar dis die uitkoms wat mos tel.
Dis ying and yang, dis goed en sleg.
En soms moet jy met albei deal.

N oor, n woord,of selfs net jou daar wees
Verlos jou van n las, en gee n ander pas

Mens kan nie altyd weghol nie.
Want elke keer se rugomdraai,
 maak next time soveel makliker.

Met elke keer se wegloop maak jy in jou dood
 n stukkie van n ander self.

En erger steeds, die lewe in n ander een.

No comments:

Post a Comment