Waarom rook en dink n mens so graag?
Is dit n ontsnapping , n aanvaarding ?
Die tydelike satisfaksie wat jy kry?
Om deel
te he, in te wees,
Terwyl jy n hartseer weg moet steek.
Waarom so maklik sex.
Assof dit net is soos brood?
Die instand fix vir liefde
n Tydelike
sigaret?
En in jou siel dra jy swaar,
om daai dieper hunkering te verbloem.
Waarom baklei oor n toilet seat,
En wie die skottelgoed moet was?
Is dit oor jy n baklei moet kry,
Maar die olifant in die kamer
storm oor ons albei, sonder verset?
Waarom kruip ons weg?
Agter emosies, agrumente en liefde.
Alles misgeplaas. gefokus op die kort termyn.
Klim uit agter jou skild.
Aanvaar jouself.
Soek die waarheid en die rede,
Sodat jy werklikwaar kan lewe.
No comments:
Post a Comment