Thursday, 7 August 2014

Kruispad


Op die roete van die lewe
Kom jy  dikwels by n punt 
Waar die pad split en n keuse is,
Waar jy links of regs kan gaan

Aanwysigings  borde,
Dit se nie veel nie
Net destinasies, 
baie killos weg

Is dit grondpad, of dalk teerpad
Hoe maklik kom ons daar
Daars geen wete van die toekoms
niks versekering,  die weg

Jou Bagasie van die lewe
So Versamel  oor die tyd
Gee jou lense en n feeling
Oor die rigting en die weg

In jou gedagtes is daar drome
En jou hart is vol van hoop
Dis die vure wat jou enjin,
En jou wese aan Moët dryf

So stap jy maar n rigting in
Ontdekker in n vreemde land
Bring jou verlede en die hede
Jou by die kruispad van die toekoms

By hierdie punte in jou lewe  
Kyk jy voorentoe, bepeins
En is jy so gefokus
Oor wat die regte pad sal wees


So moenie dink aan die pad en al die afdraai paaie en splitte as iets reeds bepaal
Dink eerder dat jy jou eie pad bou soos jy voort stap deur die lewe
Jy stoomroller vir jou n weg oop deur ruigtes en kry rigting soos jy gaan
Tot jy jou kop lig en op n dag
Terug kyk en sien wat was jou pad


No comments:

Post a Comment