Afgevuur soos n vuurpyl
die stratosfeer in.
Vure van passie,
in verbrandings enjins,
afwaarts gefokus, om
op te dryf
Opwaarts, voorwaarts die ruimte in,
Waar gravitasie verlore raak,
En die essens van die lewe:
verpak in silinders van hoop.
In die ruimte van die onbekende -
Opwinding, want alles is so nuut
n afwagting, want
enige iets kan gebeur
maar ook onsekerheid, jy is op nuwe terein
Afhanklikheid ontwikkel
Silinders is die rede vir jou bestaan,
Verskaf die suurstof wat jou vorentoe stuur.
Tyd verdwyn.
En dan, as al die opwinding verdwyn
en jy terug kyk na Tera Nova,
jy rustiheid kry,
nuwe sekerheid in die onbekende,
kan jy die stilte hoor.
No comments:
Post a Comment