Die lig flits, flits oor die water
10 000 kerse sterk.
Op die stuimige oseaan
vasgevang in natuurlike mag,
stuur die skip, reg af op die rotse af.
Flikker lig, waarskuwing.
Verlig net bietjies.
Skep ilussies van onwerkilkheid,
en soos n mot na kers,
die afgrond in.
Dog die lig is hoop,
n roep oor die
onstuimigheid.
N baken na n veiligheid,
n landings plek
en sprankie hoop.
Maar nou te laat,
verblind deur lig,
kon ek my skip nie stuur,
en oor die rotse, stukkend,
die dele van my hart.
No comments:
Post a Comment