Monday, 2 June 2014

Smag


Dis soos n druppel op woestynsand,
na dit lanklaas gereen het.
Dis soos eerste water in n droe rivierloop,
na jare se droogte.
Dis die eerste lote wat uitstoot op n kaal boom,
na die koue seisoen.
Dis die groot dors wat is,
die smag na n siel,
wat jy in my les.


No comments:

Post a Comment