Op die
onbekende pad,
wat mens stap
in jou hart.
Oor rotse en
vlaktes,
bestemming
onbekend.
Soms gaan dit
maklik,
maar soms
gaan dit swaar.
Die roete
onder jou voete
bly onbekend.
Hoe stap mens
n pad,
as jy bly gly
en val?
Trotseer die
omgewing,
en stu
blindelinks na vore.
Jy kort n
hand om te vat,
jou op tel as
jy val,
die rigting
te wys,
en die reis
te deel, met jou aan sy.
Maar wat as
jou hulp,
ook
die eindpunt is,
die
bestemming van die reis?
No comments:
Post a Comment