By jou het ek geleer,
om weer in potlood te kan skryf.
Klein grys notas neergeskryf, op literer papier.
n Aanhaling wat jou aanstaan,
gedagtes oor teorie,
laat my onthou die lesse wat
ek saam met jou moes leer.
Nou is daar net herhindering,
vergete op papier.
In potlood, tog so tydelik en maklik uitgevee.
En nou is dit ook als verby.
Net rubber korrels bly.
No comments:
Post a Comment